Habakuk - Habakkuk

1 2 3

Hoofstuk 1

1 Die Godspraak wat H??bakuk, die profeet, gesien het.
2 Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! ???maar U help nie?
3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my o??; en daar is stryd, en twis begin.
4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
5 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
6 Want kyk, Ek gaan die Chalde??rs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
7 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
8 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op ???n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos ???n arend wat op sy prooi neerskiet!
9 Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
10 Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom ???n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
11 Dan gly hy verby, ???n wind, en trek verder???maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
12 Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot ???n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot ???n tugroede het U hom bestem!
13 U, wat te rein is van o?? om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie???waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose di?? verslind wat regverdiger is as hy?
14 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
15 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy se??n; daarom is hy vrolik en juig.
16 Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy se??n; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
17 Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com


<