Aktueerder
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Aktueerder is in die kunsmatige intelligensie die meganisme waarmee 'n agent op 'n omgewing inwerk. Die agent kan òf 'n kunsmatig intelligente agent wees of enige ander outonome wese (mens, ander dier, ens.)
'n Meganisme wat iets in 'n outonome aksie omskep word 'n aktueerder genoem.
Voorbeelde van aktueerders van verkeie egente sluit in:
- Mens - Arms, hande, vingers, bene
- Onderdeeluitsoekrobot - Vat meganisme, bewegende onderdele. Voorbeelde sluit solenoïdes en stemspoelaktueerders in.
- Posoorlaaiagent - Opdateringsagteware
In ingenieurswese is aktueerders 'n ondervedeling van omsetters. 'n Omsetter is apparaat wat 'n intreesein (hoofsaaklik 'n elektriese sein) in beweging omskakel. Elektriese motors, pneumatiese aktueerders, hidroliese suiers, releës, kamaandrywer, piëzoelektriese aktueerders, termiese koppels, digitale mikrospieëlapparaat en elektroaktiewe polimere is 'n paar voorbeelde van sulke aktueerders.
Motors word meestal gebruik wanneer sirkulêre beweging benodig word, maar kan ook vir liniêre toepassings gebruik word, deur sirkulêre na liniêre beweging omskakeling te bewerkstellig met 'n bout- en skroefomsetter. Daarteenoor is sekere aktueerders intrinsiek liniêr, soos piëzoelektriese aktueerders.
In virtuele instrumentasie is aktueerders en sensore die hardewarekomplemente van virtuele intrumente. Rekenaarprogramme van virtuele instrumente gebruik aktueerders om op objekte van die egte wêreld in te werk.
Vertaal vanuit [[1]]