Broken Hill
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Broken Hill is die voormalige naam van die Zambiese myndorp wat tans as Kabwe bekend staan.
Broken Hill is 'n myndorp in Nieu-Suid-Wallis met 'n bevolking van net oor die 30 000. Dit is 920 km wes van Sydney geleë en 420 km vanaf Adelaide, hoofstad van Suid-Australië. Dit staan as "Silver City" bekend en het van die rykste neerslae silwer, lood en sink ter wêreld. Die destydse Broken Hill in Zambië is na dié dorp vernoem.