François Chabot
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
François Chabot (1759-1794) is 'n radikale politikus tydens die Franse Rewolusie. As gewese Kapusyne-monnik staan hy in die Konvent as fanatieke Cordelier bekend. Hy stel onder meer voor dat die katedraal Notre-Dame in Parys tot Tempel van die Rede omgevorm word. As een van Danton se aanhangers word hy in 1794 onthoof.