Groot Mere
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Groot Mere is 'n groep van vyf uitgestrekte mere langs die Kanadees-Amerikaanse grens. Hulle vorm die grootste groep varswatermere ter wêreld en saam met die Sint-Laurensrivier ook die grootste varswaterstelsel. Vanweë hulle grootte word na hulle ook soms as binnelandse seë verwys. Die maksimale hoogteverskil tussen die mere is sowat 150 meter, waarvan die Niagara-valle tussen die Erie- en Ontariomeer die grootste deel uitmaak.
Meer | Oppervlak (vk km) | Diepte (maksimaal) (meter) |
Hoogte (meter) |
Bomeer | 83 000 | 307 | 183 |
Michiganmeer | 52 500 | 222 | 177 |
Huronmeer | 58 100 | 266 | 177 |
Eriemeer | 25 900 | 64 | 175 |
Ontariomeer | 18 760 | 225 | 75 |
[wysig] Die Groot Mere
Die groep van die Groot Mere weord gevorm deur (van wes na oos):
- die Bomeer (Lake Superior, die mees uitgestrekte en diepste meer)
- die Michiganmeer (die enigste wat uitsluitlik op Amerikaanse grondgebied lê en die tweede grootste meer ten opsigte van sy volume)
- die Huronmeer (die tweede grootste in die gebied)
- die Eriemeer (die kleinste meer ten opsigte van volume en diepte)
- die Ontariomeer (die kleinste meer in die gebied ten opsigte van sy oppervlak, wat ook teen 'n laer hoogte bo seevlak lê as die ander mere)
[wysig] Geskiedenis
Die Groot Mere is teen die einde van die geologiese Pleistoseen-tydperk gevorm, toe smeltwater van die gletsers die meerbekkens, wat benede seevlak lê, begin opvul het. Seestrate, klein riviere en kanale verbind die mere met mekaar.
Die eerste Europese ontdekkers in die gebied is Franse voyageurs. Franse, Engelse en Amerikaners maak dekades lank aanspraak op die gebied, wat veral danksy die pelshandel ekonomies belangrik word. Met die einde van die Brits-Amerikaanse Oorlog in 1812 begin die grootskaalse immigrasie van Europese setlaars, wat van die gebied een van die kulturele en ekonomiese hartlande van Noord-Amerika maak. Die inwyding van die Eriekanaal in 1825 bevorder die ekonomiese ontwikkeling van die Groot Mere-gebied.
Met die opening van die Sint-Laurens-waterweg in 1959 word die Groot Mere 'n internasionale waterweg. Die waterweg met 'n lengte van 3 769 kilometer, wat uit 'n aantal kanale, damme en sluise bestaan, verbind die Groot Mere met die hawe van Montréal en die Atlantiese Oseaan. Die belangrikste vragte is ystererts, graan, ru-olie en vervaardigde goedere. Die waterweg is bevaarbaar tussen April en Oktober; tydens die winter verys die hawens, en winterstorms word 'n ernstige bedreiging vir die skeepvaart.
Rioolwater van die Groot Mere se metropolitaanse gebiede soos Toronto, Detroit en Chicago het die ekologiese sisteem van die mere dekades lank bedreig. Sedert die sestigerjare van die 20ste eeu het die mere egter begin herstel en vorm met hulle strande en parke en die natuurskoon van die gebied 'n belangrike toeristebestemming.
Gebiede van die wêreld | |
Afrika: | Midde-Afrika | Oos-Afrika | Groot Mere | Guinee | Horing van Afrika | Noord-Afrika | Maghreb | Noordwes-Afrika | Sahel | Suider-Afrika | Afrika, Suid van die Sahara | Soedan | Wes-Afrika |
Amerikas: | Andes-state | Karibbiese Eilande | Sentraal-Amerika | Groot Mere | Groot Vlaktes | Guianas | Latyns-Amerika | Noord-Amerika | Noordelike-Amerika | Patagonië | Suid-Amerika | Suidelike Keël |
Eurasië: | Anatolië | Arabië | Asië | Balkan | Baltiese gebied | Benelux | Britse-Eilande | Kaukasië | Sentraal-Asië | Sentraal-Europa | Oos-Asië | Oos-Europa | Oos-Indies | Europa | Verre-Ooste | Indiese-subkontinent | Levant | Mediterreense gebied | Midde-Ooste | Nabye-Ooste | Noord-Asië | Noord-Europa | Na-Sowjet state | Skandinawië | Suidoos-Asië | Suid-Europa | Suidwes-Asië | Wes-Europa |
Oseanië: | Australasië | Melanesië | Mikronesië | Polinesië | Stille Oseaan-Rand |
Poolgebied: | Noord-Pool gebied | Antarktika |