Jean Baptiste Joseph Delambre
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jean Baptiste Joseph Delambre (September 19, 1749, Amiens – Augustus 19, 1822, Parys) was 'n franse wiskundige en sterrekundige.
In samewerking met Pierre Francois André Méchain was sy grootste prestasie die meting van die lengte van die meridiaan tussen Dunkerque en Barcelona. Hierdie deel van die meridiaan, wat ook deur Parys loop, moes gedien het as 'n basis vir die berekening van die lengte van die meridiaan vanaf die Noordpool tot by die ewenaar. Die ekspidisie het plaasgevind vanaf 1792 tot 1799. Die doel was om 'n universeel aanvaarde basis te skep vir die definisie van die meter, wat gedefinieer sou word as 1/10 000 000 van die afstand tussen die Noorpool en die ewenaar.
Delambre het sy loopbaan afgesluit as die Permanente Sekretaris van die Parys Akademie van Wetenskap
Delambre Krater op die maan is vernoem na hom.
[wysig] Verwysings
The measure of all things, Ken Alder, Abacus 2004, ISBN 0349115079