Wikipedia:Landbladsyriglyne
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Een van die doelwitte van die Afrikaanse Wikipedia is om teen 31 Desember 2005 kwaliteit artikels oor al ~200 lande in die wêreld daar te stel. Skeppers van artikels oor lande kan dalk van die volgende kennis neem:
- Gebruik verkieslik {{Landtabel2}} om die hoofgegewe (hoofstad, oppervlak, BBP ens.) te vervat (Die ouer {{Landtabel}} moet mettertyd vervang word). Vir 'n voorbeeld van hoe dit gebruik behoort te word, kyk: Argentinië, Kolombië, Suriname of Suid-Afrika. Baie van die Engelse artikels gebruik 'n baie soortgelyke Sjabloon en 'n mens kan dan relatief vinnig die Afrikaans inhoud skep.
- Baie van die beelde wat 'n mens nodig het om 'n landartikel te skep is beskikbaar op die commons. Jy kan commons-beelde direk gebruik asof dit op die Afrikaanse Wikipedia is.
-
- Al die vlae is beskikbaar by commons:Category:Flags.
- Meeste landwapens by commons:Category:Coats_of_arms - help sommer sustertale deur die wapenbeelde wat nie teks op het nie by die commons op te laai, waar dit dan vir almal beskikbaar is, eerder as om dit by die Afrikaanse Wikipedia op te laai waar zoeloe of bretons gebruikers dit dan nie kan inskakel nie...
- Engelse CIA kaarte op die commons is beskikbaar by: commons:Category:CIA_factbook_maps - as jy vir Gebruiker:Danielm mooi vra sal hy moontlik die Engelse kaart in Afrikaans vertaal en dit oplaai na die Afrikaanse Wikipedia (aangesien dit Afrikaanse teks op het maak dit in die geval sin om dit na 'n taalspesifieke plek op te laai).
- Daar is baie keer ook ander nuttige beelde wat die artikel interessanter kan maak. Soek op die commons vir die land se engelse naam, of die land se naam in sy eie taal. Probeer ook commons:Category:Countries.
- Die CIA het uitstekende statistiese en beskrywende inligting oor alle lande in die Wêreld - as jy van die gegewens kort, kyk gerus by: [1].
- Vir Die Afrikaanse Landname sien:Lande of Lys_van_hoofstede wat dan sommer ook vertalings van die hoofstede in het. ('n Ander bron is Lys_van_Internet_topvlakdomeins)
- Vir taalname in Afrikaans kyk by ISO_639.
- Gebruik die sjabloone {{EU lande}}, {{Lande van Afrika}} {{Lande van Suid-Amerika}} onder aan die bladsy om navigasie tussen lande op dieselfde kontinent te bewerkstellig.
- Die lengte- en breedtegrade vir Hoofstede kan gevind word by: Maps of World
Inhoud |
[wysig] Taaklys
[wysig] Landtabel
Die volgende lande se landtabelle kort aandagdit bevat nie al die nodige gegewe nie en is in sommige gevalle nie volledig vertaal is nie. Die bladsye moet aangepas word om die standaard landtabel sjabloon te gebruik.
- Denemarke
- Duitsland (aangepas)
- Swede
- Spanje
- Italië
- Nederland
- Pole
- Portugal
- Oekraïne
- Noorweë
- Griekeland
- Ierse Republiek (aangepas en geskuif na Republiek van Ierland)
- Malta
- Oostenryk
- Slowakye
- Slowenië
- Tsjeggië
[wysig] Landtabel2 -> Landtabel
Sjabloon:Landtabel is so pas aangepas met inhoud uit landtabel2 en is nou die bepalende uitgawe. Greenman 13:17, 23 Julie 2005 (UTC)
[wysig] Vertaling sagteware
Ek het 'n program geskryf wat my help met vertaling van die Engelse Infobox Country template na die Afrikaanse Landtabel. Ek sny die Englese 'template', sit dit in die box by [2], en die resultaat is 'n vertaling wat amper gereed is vir die Afrikaans. Dis baie rof, maar dit het my baie gehelp met die lande! Miskien vind anders ook so. Greenman 21:37, 11 Augustus 2005 (UTC)