Sol Plaatje
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Solomon Tshekisho Plaatje (9 Oktober 1876 – 19 Junie 1932) staan internasionaal bekend as 'n veeltalige Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus.
Die boorling van Boshof, Oranje-Vrystaat, is 'n eersterangse taalkenner, wat naas sy moedertaal Tswana, die hooftaal van Botswana, ook Engels, Afrikaans, Nederlands, Frans, Duits, Sotho, Zoeloe en Xhosa praat. Hy vertaal 'n aantal werke van Swart skrywers in Europese tale, en Engelse werke, met name dié van William Shakespeare, in Tswana.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog) van 1899 tot 1902 werk hy as 'n oorlogsjoernalis, later as uitgewer van die koerante Koranta ea Becoana (1901-1908) en Tsala ea Batho ("Volksvriend", sedert 1912). Hy dien as sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC) en reis as aktivis van die Swart burgerregte-beweging verskeie keer na Kanada (1920), die Verenigde State (1921) en Europa. Op 19 Junie 1932 is hy in Johannesburg oorlede.
[wysig] Werke
- Mhudi, 'n historiese roman (1913)
- Native Life in South Africa (1914)
- Sechuana Proverbs and Their European Equivalents (1916)
- Sechuana Phonetic Reader (1916)
- Bantu Folk-Tales and Poems
[wysig] Eksterne skakels
- Native Life in South Africa - Elektroniese boek by die Gutenbergprojek