Sondag
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sondag is die weeksdag tussen Saterdag en Maandag. Die naam is afkomstig van Sunne, die Sakserse god, of Sunna, die Skandinawiese songodin.
Sondag word soms gesien as die laaste dag van die week (veral in moderne Europa en Suid-Amerika), en somtyds die eerste dag (a tradisie vanaf antieke Judaïsme en antieke Egipte).
In ortodokse Christelike families en gemeenskappe word geen aktiwiteit gedoen op Sondae, soos byvoorbeeld werk, om iets te doen wat iemand anders sal laat werk (soos die aankoop van goedere of dienste, insluitend publieke vervoer), die bestuur of was van 'n motor, tuinwerk, ensovoorts. Uitsonderings wat wel toegelaat word is die gebruik maak van geestelike dienste, noodsaaklike mediese sake en (gewoonlik) die gebruik van elektrisiteit.
In antieke Joodse tradisie is Saterdag gesien as die sabbat. Baie tale ontbreek aparte woorde vir Saterdag en sabbat. Oosterse Ortodokse kerke onderskei tussen die sabbat (Saterdag) en die Heer se dag (Sondag). Rooms-Katolieke Kerke plaas só min klem op hierdie onderskeid dat baie onder hulle die Protestantse gebruik -- ten minste in die omgangstaal -- volg deur Sondag die sabbat te noem.
Enige maand wat met 'n Sondag begin sal 'n Vrydag die dertiende bevat.
Sondag is die tweede dag van die naweek en is 'n vakansiedag in die lande met Christelike tradisie, omdat dit die dag is waarop Christene mees algemeen kerk bywoon.