Wiki
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Wiki of wiki (uitgespreek "whiekie" of "wiekie") is 'n webwerf (of ander dokumentversameling) wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik.
Die term Wiki kan ook verwys na die samewerkende sagteware wat ingespan word om só 'n webwerf te bedryf; sien Wiki-sagteware.
Wiki (met 'n hoofletter) en WikiWikiWeb word soms gebruik om na die Portland Pattern Repository te verwys, wat geag word as die eerste wiki ooit. Voorstaanders van hierdie gebruik stel 'n kleinletter-'w' voor om te onderskei tussen die generiese terme hier beskryf. Wiki wiki kom van die Hawaiise term vir "flink" of "uiters vinnig".
Soms word wikiwiki of WikiWiki gebruik in plaas van wiki. Die terme is uitruilbaar, alhoewel die voorafgaande verskillende standpunte oor letterkas ook soortgelyk van toepassing is.
[wysig] Eksterne skakels
- "Tour bus stop" by MeatballWiki
- WikiWikiWeb (die eerste wiki)
- Wiki Community List
- Wiki Engines
- EvoWiki: How wikis evolve
- How did you come up with the idea for the Wiki? 'n Video-onderhoud met Ward Cunningham oor hoe hy met die idee van Wiki vorendag gekom het
- Wiki_Science: How to start a wiki (by Wikibooks) - help skryf aan die boek oor hoe om 'n wiki te begin.
- Possible wiki features