Wilfred Böse
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wilfried Böse (* 1949; † 4 Julie 1976 in Entebbe, Oeganda was 'n Duitse terroris gedurende die vroeë 1970s. Hy was aktief in links-radikale politieke kringe in Frankfurt, Duitsland en het saam met Johannes Weinrich die Rewolusionêre Selle (Revolutionären Zellen, RZ), 'n links-radikale terreur organisasie, gestig.
Wilfred Böse lei die kaping van 'n Air France Airbus wat met 258 passasiers op 27 Junie 1976, van Athene, Griekeland opstyg. Die vliegtuig word deur die kapers gedwing na Entebbe, Oeganda. Aanhangers van 'n Palestynse terreurgroep gestig deur Waddi Hadad neem ook aan die kaping deel. Volgens die kapers sou die gyselaars vermoor word indien 53 Palestynse gevangenisse wat op daardie staduim aangehou word in Israel, Kenia, Wes-Duitsland en elders nie vrygelaat sou word nie.
Tydens ‘n Israeli militêre operasie (Operasie Entebbe) op 4 Julie 1976 word Böse, Brigitte Kuhlmann (‘n mede Duitse kaper) en vier ander Palestynse kapers doodgeskiet.
Die voorval was die onderwep van verskeie films, waarin onder andere Horst Buchholz en Klaus Kinski die rol van Wilfried Böse speel.