Jakobus - James

1 2 3 4 5

Hoofstuk 2

1 My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
2 Want as daar in julle vergadering ???n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ???n pragtige kleed aan, en daar kom ook ???n arm man in met vuil klere aan;
3 en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom s??: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme s?? julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit???
4 het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
5 Luister, my geliefde broeders???het God nie die armes van hierdie w??reld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?
6 Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?
7 Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?
8 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefh?? soos jouself???dan doen julle goed.
9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.
10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
11 Want Hy wat ges?? het: Jy mag nie egbreek nie, het ook ges??: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ???n oortreder van die wet geword.
12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
14 Wat baat dit, my broeders, as iemand s?? dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Di?? geloof kan hom tog nie red nie?
15 As daar nou ???n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
16 en een uit julle sou vir hulle s??: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie???wat baat dit?
17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
18 Maar iemand sal s??: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
19 Jy glo dat God ????n is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
23 En die Skrif is vervul wat s??: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ???n vriend van God genoem.
24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
25 En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ???n ander pad weggestuur het nie?
26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com


<