Overleg:Cybernetica
Dankie vir jou navraag oor kubernetika en die positiewe terugvoer. Ek kon geen verwysing kry wat die definisie op die Nederlandse Wikipedia bevestig nie. Ek gaan wel na gelang van my navorsing die kubernetika opdateer. "Kubernetika is die wetenskap om inligting aan te wend vir kommunikasie en beheer in menslike stelsels asook meganiese stelsels." Ek kon nie in enige van die woordeboeke 'n verwysing kry waar kubernetika dui op die samesmelting van mens en masjien nie.
Die definisie dui egter nie op 'n samesmelting van mens en masjien nie. Die begrip is net van toepassing op beide tipe stelsels.
Daar is 'n verwante term naamlik "cyborg" (soos in Engels - ek ken nie die Afrikaanse woord nie) wat 'n bioniese man is, waar mens en masjien gekombineer word. Daar mag dus 'n verwantskap wees tussen kubernetika en die skep van 'n "cyborg". Die proses van 'n "cyborg" skep sal wel berus op die toepassing van kubernetika en 'n "cyborg" mag dalk die 'n goeie voorbeeld wees an hoe kubernetika toegepas kan word.
Ek hoop my antwoord is van waarde.