Die aartappeleters
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die aartappeleters (aardappeleters in Nederlands) is 'n skildery deur die Nederlandse skilder Vincent van Gogh, wat hy geverf het in April 1885 tydens sy verblyf in Nuenen, Nederland. Dit is 'n olieverfskildery op doek.
Hy het Maart tot die begin van April 1885 spandeer aan voorbereiding vir die werk, en dit vanaf 13 April tot die begin van Mei voltooi.
Van Gogh het oor die werk gesê: "Ek wou die idee oordra dat die mense wat aartappels by lamplig eet, dieselfde hande wat kos van hul bord afneem gebruik om die land te bewerk, wat hulle met hul hande bewerk het--dat hulle hul kos eerlik verdien het". Om daardie rede het hy sy modelle gekies wat grof en lelik gelyk het, met die gedagte dat hulle natuurlik en onbedorwe in sy voltooide werk sou lyk.
Die skildery is tans in die Van Goghmuseum in Amsterdam.