ESA
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Europese Ruimte Agentskap (Engels: European Space Agency (ESA)) gestig in 1975 , is 'n interregeringorganisasie toegewy aan die verkenning van die ruimte, tans met 17 lidlande. Die hoofkantoor daarvan is in Parys, Frankryk. ESA het 'n personeel tal (uitgesluit subkontrakteurs en nasionale ruimteagentskappe) van ongeveer 1900 met 'n begroting van omtrent €3 biljoen in 2006. ESA se ruimtehawe is die Guiana Ruimte Sentrum in Kourou, Frans-Guiana, 'n ligging wat gekies is omdat dit so na aan die ewenaar is van waar kommersieel belangrike wentelbane meer toeganklik is. Gedurende die Ariane 4 era het ESA die posisie van markleier in kommersiële ruimtelanserings bekom en in die afgelope aantal jare het ESA homself gevestig as 'n belangrike speler in ruimteverkenning. ESA wetenskapsensdings is gebaseer by ESTEC in Noordwijk, Nederland, Aardwaarnemingsendings by ESRIN in Frascati, Italië, ESA Sendingbeheer (ESOC) is in Darmstadt, Duitsland, en die Europese Ruimtevaarders Sentrum (EAC), wat ruimtevaarders vir toekomstige sendings oplei is in Keulen, Duitsland geleë.