Nasionale Party
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Nasionale Party was 'n dominante politieke party in Suid-Afrika. Die party was aan bewind sedert van 4 Junie 1948 tot 9 Mei 1994. Dit was die voorganger van die Nuwe Nasionale Party. Die party word geassosieer met die implementering van apartheid, die stigting van die Republiek van Suid-Afrika en die bevordering van Afrikanerkultuur.
Leiers
- D.F. Malan (1934-1953)
- J.G. Strijdom (1953-1958)
- H.F. Verwoerd (1958-1966)
- B.J. Vorster (1966-1978)
- P.W. Botha (1978-1989)
- F.W. de Klerk (1989-1997)
- Marthinus van Schalkwyk (1997-2005) (in die Nuwe Nasionale Party)