Spaans
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spaans (of Kastiliaans, van 'Kastilië') is 'n Romaanse taal en die derde grootste taal van die wêreld. Spaans word deur meer as 350 miljoen mense gepraat. Die meeste daarvan woon in Latyns-Amerika.
Die Spaanse standaardtaal ontstaan in die 13de eeu uit die streektaal van Kastilië (die gebied rondom Toledo en Madrid).
Inhoud |
[wysig] Uitspraak van Spaans
Die uitspraak en spelling van Spaans is, in vergelyking met die van baie ander tale, redelik eenvoudig. Die spelling is grotendeels foneties: daar is vir die grootste deel een eenduidige verhouding tussen geskrewe letters en die uitspraak van klanke.
Reëls en voorbeelde:
Spaans | Uitspraak | voorbeeld |
---|---|---|
c | voor e of i: soos die Engelse th in Europese Spaans (maar soos s in Latyns-Amerika) oorblywende gevalle: k |
cerveza (bier) casa (huis) |
ch | soos die "tj" klank in Afrikaans in tjops | hecho (gemaak, gedaan) |
d | stom aan die einde van 'n woord | ciudad (stad) |
g | soos die gh in ghoen of die g in berge voor i of e as sagte g |
ganar (wen) gente (mense), Girona (Gerona) |
gu | voor e of i soos gh in ghoen of die g in berge | guerra (oorlog) |
gü | gw (g soos in garçon, w soos in die Engelse "watch") | desagüe (afwatering) |
h | word nie uitgespreek nie |
hotel, prohibido (verbode), |
hu | w (soos in Washington) |
huevo (eier), |
i ie |
ie je |
ilimitado (onbegrens) fiebre (koorts), |
j | sagte g | trabajo (werk) |
ll (LL) | lj (zj in Argentinië, j in Colombia, Meksiko) | calle (straat) |
ñ | nj | mañana (môre) |
u | oe | uno (1) |
x | in Meksiko: sagte g, of sj (soos in Sjinees) | México |
v | b (in die middel van 'n woord sag, amper soos w) | venado (hert) |
z | soos die Engelse th (s in Latyns-Amerika) | zapatero (skoenmaker) |
Die klemtoon lê op die laatste lettergreep, maar op die een na laatste as die woord op 'n klinker, -n of -s eindig. As hiervan word afgewyk word staan daar 'n aksent op die beklemtoonde klinker (bv. fármaco (geneesmiddel), Córdoba).
Wie die basisreëls van die Spaanse spelling en uitspraak leer, kan daarom na 'n bietjie oefening enige teks sonder probleme lees. Daar is egter wel verskillende Spaanse dialekte en streektale. Die uitspraak in die omgewing van die Spaanse hoofstad Madrid klink anders as dié in Andalusië, en die Spaans wat in Spanje gepraat word, klink ook anders as hoe dit in Suid- en Sentraal-Amerika gepraat word. Ook binne die Latyns-Amerikaanse lande is daar verskillende streeksvariante.
Katalaans is 'n selfstandige taal.
[wysig] Spaanstalige lande
- Meksiko: 103 miljoen (2003)
- Colombia: 40 miljoen (2000)
- Spanje: 40 miljoen (2000)
- Argentinië: 37,8 miljoen (2000)
- Peru : 27,95 miljoen (2000)
- Venezuela : 24,29 miljoen (2000)
- Chili : 15,32 miljoen (2000)
- Ecuador : 13,18 miljoen (2000)
- Guatemala : 12,97 miljoen (2000)
- Kuba : 11,18 miljoen (2000)
- Dominicaanse Republiek : 8,58 miljoen (2000)
- Bolivia : 8,3 miljoen (2000)
- Honduras : 6,4 miljoen (2000)
- El Salvador : 6,23 miljoen (2000)
- Paraguay : 5,73 miljoen (2000)
- Nicaragua : 4,91 miljoen (2000)
- Costa Rica : 3,77 miljoen (2000)
- Uruguay : 3,360 miljoen (2000)
- Puerto Rico 3,9 miljoen (2004
- Panama : 2,845 miljoen (2000)
- Brasilië: 'n groot deel van die bevolking in die suide praat naas Portugees ook Spaans
Spaans word ook nog in ander lande gepraat:
[wysig] 'n Vergelyking tussen Spaans en ander Romaanse tale
Latyn | Spaans | Portugees | Katalaans | Italiaans | Frans | Betekenis en aantekeninge |
---|---|---|---|---|---|---|
nos | nosotros | nós | nosaltres | noi | nous (nous autres in Kanadese Frans) | ons ("ander" mense) |
germānum, frater | hermano | irmão | germà | fratello | frère | broer |
dies Martis (Klassieke Latyn) |
martes | terça-feira (Kerklatyn tertia feria) |
dimarts | martedi | mardi | Dinsdag |
cantiōnem | canción | canção | cançó | canzone | chanson | lied |
magis or plus | más (selde: plus) |
mais (in die argaïese taal ook chus) |
més | più | plus | meer
(Romaans mai) |
manūm sinistram | mano izquierda | mão esquerda (verouderd ook sẽestra) |
mà esquerra | mano sinistra | main gauche | linke hand
(Baskies: esku ezkerra) |
nullam rem natam (letterlik "geen gebore ding nie") |
nada | nada (verouderd ook rem) |
res | niente | rien | niks |
[wysig] Lees ook
- Iberiese en Ibero-Amerikaanse name
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Spaans op WikiWoordeboek |
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > | |||||||
Romaanse tale > | Italiese tale > | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Iberoromaans | Galloromaans | Retoromaans | Italoromaans | Sardies | Balkanromaans | Italiese groep| | |
Aranees Asturies Galicies Katalaans Portugees Spaans | Langues d'oil: Frans Gallo Jèrriais Lorrain Pikardies Wallonies Anglonormannies Oksitaans: Auvergne Gascogne Languedoc Limousin Frankoprovensaals | Romansch Ladinies Friulaans | Dalmaties Italiaans Korsikaans Napolitaans | Sardies | Aroemeens Istro-Roemaans Meglenoroemaans Roemeens | Oskies Umbries Faliskies Latyn | |
Romaanse Kunstale: Interlingua, Interlingue, Lingua Franca Nova. |