Italiaans
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die taal Italiaans is 'n lid van die Romaanse taalgroep. Italiaans word deur ongeveer 57 miljoen mense in Italië, in verskillende dialekte gepraat. Sommige van hierdie dialekte verskil soveel van standaard-Italiaans, dat hulle selfstandige tale geword het.
Die aantal sprekers van standaard-Italiaans in Italië bedra ongeveer 30 miljoen. Italiaans word ook in Switserland (vernaamlik in die kanton Ticino), San Marino en Vatikaanstad en deur minderhede in Slowenië en Kroasië. Italiaans is ook 'n baie belangrike taal onder immigrante in verskillende lande, veral die Verenigde State, Australië , Kanada, Brasilië, Argentinië en verskillende lande in Noord- en Oos-Afrika - waaronder die voormalige Italiaanse kolonies Somalië, Libië en Ethiopië . Dit bring 'n wêreldwye totaal van 63 miljoen Italiaans sprekendes mee.
Italiaans word in die Latynse alfabet geskryf. Die oudste geskrewe materiaal stam uit die 10de eeu. Daar is egter baie meer materiaal uit die 14de eeu; wat die werke van die beroemde klassieke Florentynse digter Dante Alighieri, maar ook van Petrarca en Boccaccio insluit.
Standaard-Italiaans is gebaseer op die dialek van Toskane, die streek in en rondom Florence. Op die eilande Sardinië en Korsika word dialekte gepraat wat nou verwant is aan die dialekte op die Italiaanse vasteland, maar om kulturele redes dikwels as Korsikaans en Sardies as selfstandige tale bestaan.
Italiaans is ook die taal van musiek; baie musiekterme is uit Italiaans afkomstig.
Italiaans word soos Afrikaans volgens fonetiese beginsels geskryf. As mens die uitspraakreëls ken sal mens geen moeite hê om 'n geskrewe woorde uit te spreek nie, en andersom. In Italiaans word alle lettergrepe van 'n woord uitgespreek. Die Italiaanse alfabet bestaan uit slegs 21 letters. Die J, K, W, X en Y ontbreek, hoewel dié wel in leenwoorde uit bv. Grieks en Engels kan voorkom.
Inhoud |
[wysig] Invloed in Afrikaans
Daar is Afrikaanse woorde wat aan Italiaans ontleen is of regstreeks, soms deur Nederlands, uit Italiaans kom.
[wysig] Eet en drink
[wysig] Finansieel
- Bankrot - banca (bank) rotta (gebreek)
- Bank
- Kapitaal
- Kassa
- Saldo
Hierdie woord is in die 14e en 15e eeu met die Italiaanse boekhoumetode in Nederlands opgeneem en so ook in Afrikaans hulle opwagting gemaak.
[wysig] Musiek
- Allegro - lewendig, opgewek
- Piano - sag
- Andante - op 'n loopgang
- Sonate
- Forte - hard
- Continuo - ononderbroke
- Crescendo - geleidelik harder
sien ook: Italiaanse musiekterme
[wysig] Ander
- Fresko
- Fiasko
- Casino
- Campanile - kloktoring
[wysig] Eksterne skakels
- italiaansetaal.pagina.nl - Italiaans vir Nederlandssprekers by Startpagina.nl
- Cursus Italiaans - Italiaanse les in Utrecht e.o.
Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale > | |||||||
Romaanse tale > | Italiese tale > | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Iberoromaans | Galloromaans | Retoromaans | Italoromaans | Sardies | Balkanromaans | Italiese groep| | |
Aranees Asturies Galicies Katalaans Portugees Spaans | Langues d'oil: Frans Gallo Jèrriais Lorrain Pikardies Wallonies Anglonormannies Oksitaans: Auvergne Gascogne Languedoc Limousin Frankoprovensaals | Romansch Ladinies Friulaans | Dalmaties Italiaans Korsikaans Napolitaans | Sardies | Aroemeens Istro-Roemaans Meglenoroemaans Roemeens | Oskies Umbries Faliskies Latyn | |
Romaanse Kunstale: Interlingua, Interlingue, Lingua Franca Nova. |