Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Suiker - Wikipedia

Suiker

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Suiker (afgelei van die Arabiese sukkar en die Sanskrit-woord sharkara (शर्करा) "suiker", "ronde klippie") is 'n belangrike voedsel en genotmiddel. In die skeikunde staan tafelsuiker ook as sukrose (C12H22O11) bekend. Suiker bevat vier kilokalorieë per gram (minder as vet met nege kilokalorieë en alkohol met sewe kilokalorieë per gram).

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Kristalle van geraffineerde suiker
Vergroot
Kristalle van geraffineerde suiker

Suiker in sy huidige vorm is in die Griekse en Romeinse tydperk nog feitlik onbekend. In die tydperk van Alexander die Grote het net enkele handelaars en reisigers kennis van die Indiese riet, wat die produksie van "heuning sonder bye" sou moontlik maak. Slegs klein hoeveelhede saccharum, 'n soutagtige produk wat uit bepaalde Indiese bamboesplante vervaardig is, word in die geneeskunde gebruik.

'n Suikerrietplant in die botaniese tuin Kew Gardens, Londen
Vergroot
'n Suikerrietplant in die botaniese tuin Kew Gardens, Londen

Die antieke Griekse en Romeinse kookkuns het veral gebruik gemaak van heuning, wat steeds skaars en duur was en dikwels met vrugtewynstroop verdun of deur ander produkte vervang is, byvoorbeeld die goedkoper dadelheuning of soet wynprodukte soos rosyntjies en stroop.

Suikerriet word in die 7de eeu in Palestina, in die 8de en 9de eeu in Griekeland en eers teen die einde van die 10de eeu danksy die Venesiaanse seehandel ook in Wes-Europa ingevoer.

In Wes-Europa word suikerkristalle aanvanklik net in apteke verkoop. Klein hoeveelhede suiker is as geneesmiddel beskou, tog het die meeste artse beweer dat suiker 'n verhoogde bloeddruk sou kon veroorsaak.

'n Plaaslike suikernywerheid ontstaan in Europa eers tydens die Napoleoniese oorloë van die vroeë 19de eeu, toe die Engelse blokkade die Europese vasteland van suikerrietinvoere afgesny het. Die Duitser Andreas Sigismund Marggraf (1709-1782) stel reds in 1747 voor om suikerbeet as 'n basis vir die suikerproduksie te ontwikkel. Die eerste suikerfabriek word egter eers in 1801 deur een van sy skoliere, Franz Karl Achard (1753-1821), op die Oos-Duitse landgoed Cunern (tans Konory in Pole) geopen. In 1809 publiseer hy sy wetenskaplike studie oor die suikervervaardiging, Die europäische Zuckerfabrikation aus Runckelrüben.

Die ontwikkeling van die Europese suikernywerheid was 'n buitengewone prestasie, aangesien die vervaardigingsproses hoogs ingewikkeld is. Terwyl in die geval van suikerriet net die stele uitgepers moet word, vereis suikerbeet 'n meerfasige verwerking. Dit word eers skoongemaak en daarna in klein stukkies gesny. Die suiker word deur middel van industriële ekstraksie vervaardig en bestaan aanvanklik - net soos sy eweknie, wat van suikerriet gemaak word - uit 'n swartblou stroop. 'n Aantal prosesse soos karbonasie en filtrasie is noodsaaklik voordat die suiker, wat nog steeds uit 'n stroperige massa bestaan, reg is om van sekere kieme voorsien te word wat 'n kristalliseringsproses in gang sit. Sedert die 19de eeu word die verwerkingsproses steeds verbeter. Terwyl in 1869 nog meer as twaalf kilogram suikerbeet vir een kilogram suiker benodig word, bevat die suikerbeetstroop tans meer as twintig persent suiker.

Suiker bly in Europa meer as 'n eeu lank 'n belangrike landbouproduk, en die suikerprys word tot by die einde van die Tweede Wêreldoorlog selfs as 'n rigsnoer vir die lone van landarbeiders gebruik, waarby die verkoopprys van een kilogram suiker die daaglikse loon vir 'n vroulike werker bepaal.

[wysig] Wêreldproduksie

Die hoofbronne vir die vervaardiging van suiker is suikerriet, wat in die tropiese gebiede verbou word, en suikerbeet (die hoofbron in gematigde klimate soos dié in Europa). Albei bevat sukrose, wat tydens die verwerking uitgepers of uitgekook word. Die suikerkristalle, wat as eindproduk ontstaan, word verder verwerk en skoongemaak.

Die drie grootste suikerprodusente ter wêreld is Brasilië, Indië en die Volksrepubliek van Sjina, terwyl Frankryk, Duitsland en Pole die belangrikste verskaffers van die Europese Unie is. Suid-Afrika is die grootste produsent op die vasteland van Afrika.

[wysig] Wêreldmark

Suikerbeet
Vergroot
Suikerbeet

Sedert die vroeë 21ste eeu kan die wêreldwye suikerproduksie nie meer tred hou met die navraag nie. In 2005 begin suikerpryse op die wêreldmark die hoogte inskiet en bereik byna twintig VSA-sent per pond. Die skerp styging word veral aan Brasilië se energiebeleid verwyt, wat suikerriet as 'n basis vir bio-etanol bevorder om sodoende brandstofinvoere te verminder. Sowat die helfte van die Brasiliaanse suikerrietproduksie word tans benodig om in die land se behoefte aan sogenaamde flexfuel-petrol te voorsien.

Indië is met sowat 18 miljoen ton tans die grootste verbruiker van suiker, wat steeds meer gewild raak as 'n soetmiddel vir byvoorbeeld chai-tee. Die landelike bevolking het eeue lank veral goer, 'n soort suikerrietstroop, gebruik, maar gee danksy die stygende inkomste nou die voorkeur aan kristalsuiker. Die kookkuns van die Indiese deelstaat Goejarat gebruik suiker in die meeste van sy geregte.

Die grootste suikerprodusente (2003)
 Rang  Land  Produksie 
(in miljoene ton)
 Rang  Land  Produksie 
(in miljoene ton)
   1 Brasilië    24,8    9 Duitsland    4,2
   2 Indië    22,1    10 Pakistan    4
   3 VR van Sjina    11,1    11 Kuba    3,8
   4 VSA    8    12 Suid-Afrika    2,6
   5 Thailand    7,3    13 Kolombië    2,6
   6 Australië    5,4    14 Filippyne    2,1
   7 Meksiko    4,9    15 Indonesië    2,1
   8 Frankryk    4,4    16 Pole    2

(Bron: Handelsblatt, Duitsland - Die Welt in Zahlen. 2005)

[wysig] Die suikerbedryf in Suid-Afrika

Suid-Afrika behoort tot die belangrikste suikerprodusente ter wêreld. Reeds in 1877 het meer as sewentig suikerfabrieke sowat 17 000 ton suiker opgelewer. Die Suid-Afrikaanse suikerrietoes het in die jaar 1994/95 16 miljoen ton beloop, wat tot 1,7 miljoen ton suiker verwerk is. 0,4 miljoen ton suiker is uitgevoer. In 1998 het die suikerrietproduksie tot 24,5 miljoen ton of naastenby twee persent van die wêreldproduksie gestyg.

[wysig] Bronne

  • Jacques André: L'alimentation et la cuisine à Rome. Nouvelle édition. Paris: Les Belles Lettres, 1981.
  • Kochkunst: Lukullisches von A-Z. Siebte Auflage. Leipzig: Verlag für die Frau, 1990.
  • "Prices soar as Brazil's flexfuel cars set the pace". Financial Times Europe, 30 Maart 2006.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu