Sanskrit
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sanskrit, ook Oud-Indies genoem, is een van die Indo-Europese tale en behoort tot die Ariese of Indo-Iraanse taalgroep. Dit was die klassieke taal van die Indo-Ariese bewoners van die Voor-Indiese skiereiland en Pakistan. Sanskrit is van vóór 1200 v.C. tot vandag gebruik as literêre taal, maar is sedert 500 v.C. nie meer die gesproke taal van die massa nie.
Die grammatika van Sanskrit is uitvoerig beskryf deur die grammatikus Panini (hy het omtrent die 7de of die 3de eeu voor Christus geleef), wie se werk uiteindelik 'n sterk voorskrywende funksie gekry het, na mate die volkstaal geleidelik van die geleerde Sanskrit wegbeweeg het.
Danksy Panini kan ons die taal se verbuiginge, vervoeginge en aksente bestudeer. Sy noukeurige beskrywinge stel Indo-Europeaniste in staat om, gehelp deur die Oud-Griekse en Litause verbuigings- en aksentpatrone, 'n noukeuriger indruk te kry van die sintaksis en klanke van die Proto-Indo-Europese taal, waarvan wetenskappers aanneem dat dit die oorsprong van alle vroeër en huidige Indo-Europese tale was.
Sanskriet is die oudste bekende, en derhalwe belangrikste, Indo-Europese taal. Die oudste vorm van Sanskriet word Vedies genoem, na die Vedas; religieuse tekste.
Sanskrit is afgelei van die woorddele sam- (saam) en krtam (geskape); wat inhou dat die taal veronderstel was om volmaakter te wees as Prakrit; die eweneens Indo-Ariese volkstaal van die ongeletterde massas.