Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hallo en welkom, dis wonderlik dat jy ook van plan is om mee te werk aan hierdie gemeenskaplike projek vir die skepping van die grootste Afrikaanse vryelik-toeganklike ensiklopedie! Hierdie bladsye gee vir jou die basiese inligting oor die doelstelling en leuse van Wikipedia: Voel vry en gaan jou gang.
Inhoud |
[wysig] Voel vry
Wiki's werk baie goed as mense vry voel.
Dink rustig daaroor: Bewerk gerus die bladsye wat jou interesseer, verbeter foute, voeg inligting by, verbeter die styl van 'n artikel, begin 'n nuwe onderwerp, ensovoorts. Dis alles welkom! Jy doen daardeur niks verkeerd nie; inteendeel, so bou ons almal saam, elkeen op sy eie manier, verder aan hierdie projek!
Moenie jouself té lank afvra hoekom niemand anders dit nog verbeter het nie, maar neem gewoon vrymoedigheid om dit self te doen. Met die nodige beleefdheid en goeie maniere gaan dit alles heel goed, sal jy binnekort sien.
[wysig] Moenie besorg wees nie
Goed, begryp jy nog nie heeltemal nie? Kom ek stel dit heeltemal duidelik: as iemand 'n artikel skryf wat heeltemal onsinnig of laf, of reguit verkeerd is, moenie besorg wees oor die persoon se gevoelens nie. Korrigeer of voeg beter inhoud daarby, of as daar geen ander uitweg is nie, vervang dan maar desnoods die hele geskrif met jou eie briljante (tersaaklike!) prosa.
Omdat alle vorige weergawes van elke artikel altyd beskikbaar is deur middel van die ouer weergawes-skakel bo-aan die blad, is dit vir enigiemand altyd moontlik om verwyderde teks terug te plaas, of ten minste dit te kan bekyk. Moenie té lank dus huiwer om veranderings aan te bring nie. Die lys van onlangse veranderings is ook vir almal sigbaar, en as jy té drastiese veranderings deurvoer is daar deurgaans iemand wat dit sal raaksien en herstel.
Die bronnemateriaal en bespreking van elke artikel is die plek waar jy met ander wikipediane gedagtes kan wissel oor die spesifieke artikel. In die geval van inhoudelike veranderings kan jy daar opmerkings daaroor los, maar voel vry om die opmerkings uit te los eerder as om niks te verander nie; meestal is een opmerking in die 'opsomming'-veld voldoende. Wanneer iemand anders nie saamstem met jou wysigings nie sal jy dit opmerk, meestal in die vorm van 'n verandering van jou verandering en/of 'n vraag op die besprekingsblad. Julle kan dan daar oorleg pleeg oor hoe om die meningsverskil op te los.
Dít is die vryheid van WikiWiki. Miskien voel jy nou vry genoeg om jou gang te gaan? In die Instruksies kan jy meer lees.
[wysig] Ons werk sáám
Die meeste outeurs het instinktief die neiging om hul pennevrug as hul eiendom te beskou. Maar hierdie houding werk téén jou op Wikipedia: wat veel beter werk is om die emosionele band met jou bydrae te los en te aanvaar dat ons hier saam met mekaar werk aan die een bes moontlike resultaat. Dit beteken dat ook jou artikel later verbeter kan word.
Natuurlik is dit ook so dat jy in goeddeurdagte artikels waaraan hard gewerk is nie sommer wild tekere kan gaan nie. Groot lappe teks verwyder jy uiteraard alleen in oorleg met andere deelnemers: daar is die kwessie van goeie omgang met mekaar.
Maar verbeter en toevoeg, sinne of paragrawe herskryf, as dit die artikel kwalitatief verbeter: gaan jou gang! As dit 'n reuse verandering is, maak gerus 'n samevatting op die besprekingsblad waarin jy uitlê wat en waarom.
Moenie stil en hardkoppig (of ten minste sonder goeie oorleg) oor-en-weer aan dieselfde stukke verander asof dit 'n wedstryd is van wie die langste kan aanhou nie! Ons noem dit hier 'n wysigingsoorlog, en hierdie soort geveg kos net 'n klomp energie en word uitermate sleg waardeer; samewerking tot by 'n oplossing is die ideaal.
As jy een verandering in 'n rits artikels wil deurvoer, wel gedaan! Maar wees versigtig en hou rekening met die kommentaar van andere: 'n bietjie oorleg voor die tyd kan wondere doen...
[wysig] Watter Afrikaans?
Iedereen wat Afrikaans spreek moet hier tuis kan voel, van waar ookal hy of sy kom. Dit beteken dat ons byvoorbeeld nie mekaar deurentyd teregwys op "tipiese" Kaapse of "tipiese" Transvaalse uitdrukkings of spelling nie. Laat iedere vogel zingen zoals 'ie gebekt is, maar probeer sover moontlik goeie Standaardafrikaans gebruik. Vermy, as jy kan, om 'n streekspesifieke uitdrukking te gebruik. Laat ons eerder streef na helderheid en duidelikheid.
As jy teks meer neutrale Afrikaans wil maak, gaan jou gang. As die oorspronklike outeur nie met die verandering eens is nie, kan díé dit dan duidelik maak of die oorspronklike teks herstel. Moenie in 'n nietige debat daaroor verval nie: goeie oorleg is die sleutel.
[wysig] Wel, wat van konvensies?
Voel vry en gaan jou gang beteken ook nie dat alle veranderings of nuwe artikels vir die wikipedia-gemeenskap aanvaarbaar sal wees nie. Voel vry en gaan jou gang, maak nuwe artikels, verander bestaande artikels, maar aanvaar dat jou veranderings miskien weer teruggedraai mag word, of jou artikel op die lys vir verwydering mag kom.
Oor 'n paar sake is dinge duidelik. As jy byvoorbeeld jouself hou by die konvensies behoort andere nie jou verkeerde artikel weer te verander nie.
As jy 'n artikel skep oor 'n onderwerp wat geen plek in 'n gewone ensiklopedie sou hê nie, lees eers die Aanvaardingsbeleid. Maar in ieder geval, voel vry en gaan gewoon jou gang as jy 'n artikel wil skep. As jou artikel na 'n paar dae nog nie genomineer is vir verwydering nie dan lyk dit goed. As dit wel die geval is, probeer dan om jou artikel in ooreenstemming met die Aanvaardingsbeleid te kry.
As jy 'n artikel aantref wat jy van onvoldoende ensiklopediese gehalte beskou en selfs die potensiaal deur uitbreiding te klein is, voel vry en gaan jou gang, en nomineer die bladsy op die lys vir verwydering tesame met die rede waarom jy voel die blad moet verdwyn. Voel daar ook vry om (met voldoende argumente) beswaar te maak teen enige verwyderingsnominasie.
[wysig] Wat as die ellelange besprekings of negatiwiteit op die besprekingsblaaie jou pla?
In prinsiep kan jy aan Wikipedia meewerk sonder om enige besprekingsblaaie te lees. Jy kan net so goed korrigering doen, aanvullings tot artikels maak, nuwe artikels plaas, ensovoorts.
Hou wel net rekening daarmee dat die ignoreer van vrae of opmerkings van andere op die besprekingsblaaie of jou eie besprekingsblad 'n negatiewe indruk maak.
Jy loop ook 'n groter kans dat jou werk ongedaan gemaak sal word, waar die redes daarvoor op die besprekingsblad verklaar word.