Zuid-Afrikaansche Republiek
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Zuid-Afrikaansche Republiek was die tuiste van Voortrekkers wat hulle noord van die Vaalrivier gevestig het. Dit het vir minder as 50 jaar bestaan en het in 1902 tot 'n einde gekom nadat Brittanje dit verower het. Al het die klein republiek net vir 'n kort ruk bestaan, het veral die Tweede Vryheidsoorlog (ook bekend as Anglo-Boereoorlog, of Suid-Afrikaanse oorlog) vir die ZAR bekendheid in Europa en die wêreld verwerf.
Goud is in 1886 ontdek in Johannesburg, vroeër in ander areas soos Pelgrimsrus.
Burgers het 'n vroeë vorm van Afrikaans gepraat en het ook daarna verwys as Nederduits.