Bertrand Russell
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bertrand Arthur William Russell (18 Mei 1872 - 2 Februarie 1970) was 'n invloedryke Britse logikus, filosoof en wiskundige wat meeste van sy bydrae gemaak het in die 20ste eeu. 'n Onuitputbare skrywer, Bertrand Russell was ook 'n populariseerder van filosofie en het kommentaar gelewer oor 'n menigde van onderwerpe, van die alledaags tot die hoogs ernstig. Hy is deel van 'n familietradisie in politiek, en was prominent as 'n liberalis, sosialis en aktivis teen oorlog vir die meeste van sy lang lewe. Terwyl hy gestaan het as 'n ikoon vir 'n kreatiewe en rasionele lewe, was baie van sy standpunte vreeslik kontroversieel.
Hy is gebore tydens die hoogtepunt van Brittanje se ekonomiese en politieke mag, maar toe hy gesterf het van griep amper 'n eeu later was die Britse Ryk byna tot niet, en sy lewe en invloed het gestrek oor beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog waarin Brittanje ten duurste oorwinning behaal het. In sy posisie as een van die wêreld se bekendste intelektueles in sy tyd het hy 'n hewige morele gesag gedra, tot in sy 90's. Hy was 'n prominente figuur vir kernontwapening en teen die Viëtnam Oorlog.
In 1950 het Russell die Nobelprys vir Letterkunde verwerf "in erkenning van sy verskeie en konsekwente skrifte in diens van humanitariteit en vrydenkery".