Henryk Sienkiewicz
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Henryk Adam Aleksander Pius Oszyk-Sienkiewicz (5 Mei 1846 - 15 November 1916) was 'n Poolse romanskrywer, een van die mees uitstaande skrywers van die tweede helfte van die 19de eeu, en die eerste Poolse wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1905.
Inhoud |
[wysig] Kort biografie
Hy is gebore in Wola Okrzejska, 'n dorp in die toe-Russies-beheerde Pole. Hy was sterk polities geïnspireer en het met historiese romans die dapper dade van Poolse helde van die 17de eeu beskryf. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy hom bevind in Switserland en het hy ook daar gesterf, en is daar begrawe.
[wysig] Bibliografie
Sy mees belangrike romans was:
- Trylogia (Die trilogie), wat bestaan het uit:
- Bez dogmatu (Sonder dogma) - 1891,
- Rodzina Połanieckich (Die Połaniecki-familie) - 1894,
- Quo Vadis - 1895,
- Krzyżacy (Die ridders van die Kruis) - 1900,
- W pustyni i w puszczy (In woestyn en wildernis) - 1912.
[wysig] Eksterne skakels
- Die tuisblad van die Henryk Sienkiewicz-museum in Oblegorek.
- Die huis van Henryk Sienkiewicz in Oblegorek.
[wysig] Bron
Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia. Die werk is gedistilleer uit Henryk Sienkiewicz.