Petrus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Petrus is 'n persoon uit die Bybel en een van die twaalf apostels van Jesus Christus. Die Rooms-Katolieke Kerk beskou hom as die eerste pous.
Volgens die Bybel was Petrus 'n visser op die meer van Gennesaret en is hy oorspronklik Simon Barjona genoem: seun van Jona. Sy broer Andreas het hom na Jesus gelei, wie se prediking nog maar net begin het, en van Hom het Simon sy nuwe naam Sefas of Petrus, 'rots' gekry.