16 November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
16 November is die 320ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (321ste in skrikkeljare). Daar volg nog 45 dae.
Okt - November - Des | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1532 - Francisco Pizarro en sy manne vang Inka Keiser Atahualpa.
- 1885 - Kanadese rebel leier van die Métis, Louis Riel tereggestel vir hoogveraad.
- 1907 - Indian Territory en Oklahoma Territory word Oklahoma en word toegelaat as die 46ste staat van die VSA.
- 1933 - Die Verenigde State en die Sowjet-Unie skep 'n formele diplomatieke verhouding.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Na Duitsland se bombardering van Coventry twee dae vantevore, begin die Royal Air Force om Hamburg te bombardeer. (Teen die einde van die oorlog het 50 000 inwoners van Hamburg gesterf deur die geallieerdes se aanvalle).
- 1945 - Koue Oorlog: Die Verenigde State voer 88 Duitse wetenskaplikes in om te help met die produksie van vuurpyltegnologie.
- 1965 - Venera-program: Die Sowjet-Unie lanseer die Venera 3-ruimtetuig vanaf Baikonur, Kazakhstan na Venus. (Op 1 Maart 1966 word dit die eerste ruimtetuig om die oppervlakte van 'n ander planeet te bereik.)
- 1973 - Skylab-program: NASA lanseer Skylab 4 met 'n bemanning van drie ruimtevaarders vanaf Cape Canaveral, Florida vir 'n 84-dae missie.
- 1973 - VSA-President Richard Nixon teken die Trans-Alaska Pipeline Authorization Act, wat die bou van die Alaska pyplyn goedkeur.
- 1996 - Moeder Teresa verkry ere-VSA-burgerskap.
- 2000 - Bill Clinton word die eerste VSA-President in sy amp om Viëtnam te besoek.
- 2001 - Afrikaanse Wikipedia word opgerig.
- 2001 - Die eerste Harry Potter film, Harry Potter and the Philosopher's Stone, word vrygestel.
[wysig] Geboortes
- 42 BC - Tiberius, Romeinse keiser († 37)
- 1717 - Jean le Rond d'Alembert, wiskundige
- 1720 - Carlo Antonio Campioni, komponis († 1788)
- 1766 - Rodolphe Kreutzer, viool speler († 1831)
- 1873 - W.C. Handy, blues komponis († 1958)
- 1895 - Paul Hindemith, komponis ([† [1963]])
- 1896 - Lawrence Tibbett, akteur en sanger († 1960)
- 1905 - Eddie Condon, jazz musikant († 1973)
- 1907 - Burgess Meredith, akteur († 1997)
- 1922 - José Saramago, outeur, Nobel Prys vir letterkunde 1998
- 1922 - Gene Amdahl, rekenaar wetenskaplike
- 1922 - Christiaan Barnard, Suid-Afrikaanse hartspesialis
- 1928 - Clu Gulager, akteur
- 1937 - Lothar Späth, Duitse politikus
- 1938 - Robert Nozick, filosoof
- 1943 - Michael Cimino, filmregisseur
- 1964 - Diana Krall, sangeres
- 1958 - Marg Helgenberger, aktrise
- 1967 - Lisa Bonet, aktrise
- 1975 - Andrew Howard, astronoom
- 1977 - Oksana Baiul, figuur skaats kampioen
[wysig] Sterftes
- 1632 - Gustavus Adolphus, koning van Swede, in die Slag van Lützen
- 1724 - Jack Sheppard, berugte inbreker gehang by Tyburn, Londen
- 1802 - André Michaux, Franse botanikus (b. 1746)
- 1885 - Louis Riel, Kanadese Metis politiese leier
- 1960 - Clark Gable, akteur
- 1981 - William Holden, akteur