4 November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
4 November is die 308ste dag van die jaar (309de in skrikkeljare) in die Gregoriaanse kalender, met 57 dae oor.
Okt - November - Des | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1576 - Tagtigjarige oorlog, Spanje verower die stad Antwerpen in België. (die stad is byna in drie dae vernietig).
- 1795 - Die Colonie van Swellendam aanvaar Britse heerskappy onmiddelik na Britse besetting van die Kaap, drie maande na die VOC-magistraat A.A. Faure uitgeskop is en onafhanklikheid verklaar is.
- 1852 - Graaf Cavour word die Eerste Minister van Piëmont-Sardinië, wat daarna sou uitbrei om die Koninkryk van Italië te word.
- 1869 - Die eerste uitgawe van die wetenskaplike joernaal Nature word gepubliseer.
- 1884 - Grover Cleveland wen die Amerikaanse presidentsverkiesing vir die eerste van sy twee termyne in die amp.
- 1889 - Die meerrderheid van die Etiopiese adelstand sweer trou aan Menelek van Shoa wat lei tot sy kroning as keiser.
- 1918 - Die Duitse Revolusie begin toe veertig-duisend seemanne die hawe in Kiel oorneem.
- 1918 - Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye gee oor aan Italië.
- 1921 - Die Sturmabteilung of SA word formeel deur Adolf Hitler gestig.
- 1922 - Die Britse argeoloog Howard Carter en sy werkers vind die ingang tot Koning Tutankhamen se graf in die Vallei van die Konings in Egipte.
- 1924 - Nellie Tayloe Ross van Wyoming word verkies as die eerste vroulike goewerneur in die V.S.A.
- 1939 - Tweede Wêreldoorlog: President Franklin Roosevelt van die V.S.A beveel die doeanediens van die V.S.A om die wet op neutraliteit van 1939 te implementeer. Die wet het onder andere wapenverkope aan oorlogsvoerders gewettig.
- 1942 - Tweede Wêreldoorlog: Tweede Slag van El Alamein - Veldmaarskalk Erwin Rommel verontagsaam 'n direkte bevel deur Adolf Hitler en retireer met sy magte.
- 1948 - T.S. Eliot wen die Nobelprys vir literatuur.
- 1952 - Dwight Eisenhower verslaan sy teensander van die Demokratiese Party in die presidentsverkiesing in die V.S.A.
- 1956 - Sowjettroepe val Hongarye binne om die Hongaarse Opstand wat op 23 Oktober begin het, te onderdruk met duisende sterfgevalle tot gevolg. Byna 'n kwart miljoen mense vlug uit die land.
- 1979 - Iraanse geiselaarsdrama begin: Iraanse radikale, meestal studentes, val die ambassade van die V.S.A in Teheran binne en neem 90 gyselaars gevange (waarvan 63 Amerikaners is). Inwoners is vir 444 dae aangehou.
- 1980 - Ronald Reagan verslaan die ampsdraer (Jimmy Carter van die Demokratiese party) in die V.S.A se presidentsverkiesing met 'n oortuigende meerderheid.
- 1993 - Jean Chrétien word Eerste Minister van Kanada.
- 1993 - Bolivië word 'n lid van die Berne Konvensie verdrag op outeursreg.
- 1995 - Die Israeliese eerste minister, Yitzhak Rabin, word dodelik deur 'n regsgesinde ekstremis gewond tydens 'n vredesbyeenkoms in Tel Aviv by Yigal Amir.
- 2001 - Orkaan Michelle tref Kuba en vernietig landerye en duisende huise.
- 2003 - Die grootste sonfakkel word aangeteken. (X28)
- 2006 - 'n Tegniese probleem by die Duitse kragverskaffer E.on lei tot 'n kettingreaksie met grootskaalse kragonderbrekings in Duitsland, Frankryk, België, Spanje en Italië.
[wysig] Geboortes
- 1744 - Johann Bernoulli, III, Switserse wiskundige
- 1765 - Pierre Girard, Franse wiskundige (s. 1836)
- 1874 - Aleksandr Vasilevich Kolchak, Russiese militêre bevelvoerder (s. 1920)
- 1912 - Vadim Salmanov, komponis (s. 1978)
- 1923 - Freddy Heineken, Hollandse sakeman (s. 2002)
- 1932 - Thomas Klestil, president van Oostenryk (s. 2004)
- 1946 - Robert Mapplethorpe, Amerikaanse fotograaf (s. 1989)
- 1955 - Matti Vanhanen, Eerste minister van Finland
- 1961 - Kathy Griffin, komediante, aktrise
- 1961 - Ralph Macchio, akteur
- 1969 - Matthew McConaughey, Amerikaanse akteur
- 1969 - P. Diddy, Amerikaanse rap musikant
- 1972 - Luis Figo, Portugese sokkerster
[wysig] Sterftes
- 1652 - Jean de La Faille, Franse wiskundige
- 1698 - Rasmus Bartholin, Deense wiskundige
- 1847 - Felix Mendelssohn, Duitse komponis
- 1870 - Comte de Lautreamont, digter, skrywer
- 1924 - Gabriel Fauré, Franse komponis
- 1968 - Michel Kikoine, Belarussiese skilder (g. 1892)
- 1986 - Kurt Hirsch, Duitse wiskundige
- 1995 - Yitzhak Rabin, Eerste minister van Israel
- 2000 - Ian Sneddon, Britse wiskundige
[wysig] Vakansiedae, herdenkings
- Italië - viering van die oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog, die dag van die Weermag.
- Bahá'í Geloof - Fees van Qudrat (Krag) - Eerste dag van die 13de maand van die Bahá'í Kalender
3 November - 5 November - 4 Oktober - 4 Desember - Lys van historiese herdenkings