Nicolaas Johannes Diederichs
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Suid-Afrikaanse politikus Nicolaas Johannes Diederichs is op 17 November 1903 in Ladybrand (Oranje-Vrystaat) gebore.
Hy sluit by die Nasionale Party aan en word tot die parlement verkies vir Randfontein (1948), later (1958) Losberg en uiteindelik Overvaal (1974).
Hy is van 1958 tot 1967 Minister van Ekonomiese Sake en van 1961 - 1964 ook Minister van Mynbou. As Minister van Finansies (1967-1975) speel hy 'n leidende rol in die kabinet.
Vanaf 19 April 1975 tot by sy dood op 21 Augustus 1978 in Kaapstad beklee hy die amp van Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy word opgevolg deur Marais Viljoen.