Staatspresident van Suid-Afrika
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar Koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.
Inhoud |
[wysig] Seremoniële pos
Die Republiek van Suid-Afrika is afgekondig op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het eerder 'n minimalistiese benadering gevolg, as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-Generaal voor hulle was Staatspresidente afgetrede Nasionale Partyministers, en daarom blank, Afrikaner en manlik.
[wysig] Uitvoerende pos
Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.
[wysig] Einde van blanke minderheidsregering
Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, aanvaar in 1994, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die President. Nelson Mandela, leier van die ANC, is beëdig as President op 11 Mei 1994.
[wysig] Lys van Staatspresidente
- Charles Robberts Swart 1961-1967
- Jozua François Naudé (waarnemend) 1967-1968
- Jacobus Johannes Fouché 1968-1975
- Nicolaas Johannes Diederichs 1975-1978
- Marais Viljoen (waarnemend) 1978
- Balthazar Johannes Vorster 1978-1979
- Marais Viljoen 1979-1984
- Pieter Willem Botha 1984-1989
- Frederik Willem de Klerk 1989-1994
[wysig] Sien ook
- Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika
- President van Suid-Afrika
- Eerste Minister van Suid-Afrika