Pieter Willem Botha
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pieter Willem Botha, P.W. of Die Groot Krokodil (Paul Roux (Vrystaat) 12 Januarie 1916 - Wildernis naby George, 31 Oktober 2006) was van 1978 tot 1984 Eerste Minister en van 1984 tot 1989 Staatspresident van Suid-Afrika. Van 1978 tot 1989 was hy ook leier van die Nasionale Party.
Pieter Willem Botha is in die ouderdom van 90 in sy huis Die Anker oorlede.