Die handelinge van die apostels - Acts

Hoofstuk 1

1 Die eerste verhaal, The??filus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het
2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
3 aan wie Hy ook, n?? sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy ges??, van My gehoor het.
5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank n?? hierdie dae nie.
6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en s??: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Jud??a en Samar??a en tot aan die uiterste van die aarde.
9 En nadat Hy dit ges?? het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ???n wolk het Hom voor hulle o?? weggeneem.
10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
11 wat s??: Galil??se manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
12 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ???n sabbatsreis ver.
13 En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andr??as, Filippus en Thomas, Bartholom????s en Matth????s, Jakobus, die seun van Alf????s, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ???n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
15 En in di?? dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan???die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd en twintig???en ges??:
16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
17 want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.
18 Hy het dan ???n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeld??ma genoem is, dit is Bloedgrond.
20 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ???n ander een sy opsienersamp neem.
21 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in??? en uitgegaan het,
22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is???van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
23 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is B??rsabas, met die bynaam van Justus, en Matth??as.
24 En hulle het gebid en ges??: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
25 om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matth??as geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com


<