Die handelinge van die apostels - Acts

Hoofstuk 3

1 En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.
2 En daar is ???n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om ???n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.
3 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ???n aalmoes gevra.
4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en ges??: Kyk na ons.
5 En hy het sy o?? op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.
6 Maar Petrus s??: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasar??ner, staan op en loop!
7 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
8 En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.
9 En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.
10 En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
11 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s???n genoem word.
12 En toe Petrus dit sien, s?? hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
13 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verlo??n het toe hy besluit het om Hom los te laat.
14 En julle het die Heilige en Regverdige verlo??n en gevra dat ???n moordenaar aan julle geskenk sou word,
15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.
16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
17 En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;
18 maar God het op di?? manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,
21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ???n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
23 En elke siel wat nie na di?? Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
24 En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham ges?? het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde gese??n word.
26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te se??n deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com


<